meer as n sensasie tussen jou tanne - PLAAK die nuwe afrikaanse , alternatiewe , progressiewe rock groep

Wie sou kon dink dat die hande van liefde

Die doodsteek sou kon lewer

Maar dis omt ewe wie die lem ontbloot

Want die doodsgalg sal jou nooit vergewe

En die mariachi speel kitaar

In die overture van die nar

daars n trom wat trom daars trompet geskal

daars n kind wat lag daars n nar wat val

Dis die woorde dis die passie

Dis die liefde dis die haat

Dis die siel wat stuk stuk drup

Van n bloepbelope swaard

Dis die vrese dis die wete

Dis n vrou wat bid en glo

Rooi paaie op n padkaart

Van haar smart besmette oe

Dis die hartseer in die snare

Van die mariachi se kitaar

Dis die trane van n leeftyd

In die overture van die nar

Ek haal my masker af ek skuif my hoed

Ek wuif my wuif en groet my groet

Want ek wil huis toe gaan

Ja ek wil nou huis toe gaan

KOOP ONS MUSIEK KLIEK HIER